CATHOLIC PRACTICES
Sermon Notes | Church Documents | Devotions | Catholic Beliefs | Catholic Practices | Lives of the Saints | Sacraments | Registration of the Sacraments
​
​
​
​
39. HOEKOM IS DIE KATOLIEKE KERK GEKANT TEEN ABORSIE, GENADEDOOD EN DIE DOODSTRAF?
Die Katolieke geloof is onwrikbaar gekant teen enige vorm van aborsie, die genadedood, selfmoord en die doodstraf. Hierdie teenkanting is gegrond op ons geloof in die inherente en oneindige waarde van die menslike lewe. Die Kerk erken dat daar wel tye en situasies is waar ’n mens geoorloof is om ’n lewe te neem: In selfverdediging, waar dit binne die raamwerk van ’n spesifieke werk (bv. polisieman, of soldaat) val, om onskuldige lewens te beskerm of in ’n geregverdigde oorlog. Behalwe hierdie gevalle, en miskien in gevalle waar die betrokke persoon nie oor die nodige kennis beskik nie of aan ’n verstandelike gebrek lei, sou enige ander geval waar ’n mens doodgemaak word as moord beskou word. Ons glo dat die toediening van die sogenaamde genadedood (euthanasia) en selfmoord ’n poging van menslike kant is om God te wil ‘speel’. In die meeste gevalle sou die Katolieke Kerk ook die doodstraf teenstaan en wel vir die volgende redes soos uiteengesit in die KATEGISMUS VAN KATOLIEKE KERK: ‘Waar die skuldige persoon se identiteit en verantwoordelikheid vir die moord bo alle twyfel bewys is sou die tradisionele lering van die Kerk nie noodwendig die toediening van die doodstraf uitsluit nie – hierdie (die doodstraf) kan egter slegs geregverdig word waar dit effektief tot die beskerming van menselewens teen ’n onregverdige aanvaller sou lei; m.a.w. waar die doodstraf die enigste moontlike opsie is om onskuldige lewens te beskerm.
Waar daar wel onbloedige middele bestaan om menselewens te verdedig teen die aanvaller en om die openbare orde en veiligheid van mense te beskerm, moet die owerheid homself tot sulke middele beperk – hierdie middele is immers beter aangepas by die konkrete voorwaardes van die algemene welsyn en ook meer in ooreenstemming met die waardigheid van die menslike persoon.’ (Par. 2267)
Hierdie uitgangspunt neem die algemene welsyn van die samelewing in ag deur ’n ‘kultuur van lewe’ te bevorder.
​
​
​
​