top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

ST. MARIA GORETTI

(Ileni & Hydopark)

Block Leier/Leidster:  Mej. Brenda Jossop

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

Maagd en Martelares

Feesdag: 06 Julie

 

Maria Goretti, een van die bemindste moderne heiliges, is gebore op 6 Oktober, 1890, in Corinaldo (Italië) as die oudste van vyf kinders in ‘n arm boeregesin. Sy was 'n opgeruimde dogtertjie wat van kleins af 'n groot liefde vir God gehad het. In 1899 verhuis die gesin na ‘n stuk grond wat hulle by die weduwee Serenelli gehuur het. Hier was ‘n 16-jarige pagterseun, Alessandro, wat die heeltyd vir die 12-jarige Maria gepla en by haar aangelê het.

 

Sy het geensins in hom belanggestel nie en het dit so ook aan hom duidelik gemaak. Nogtans het hy aangehou om haar die heeltyd lastig te val en haar met geweld gedreig indien sy nie aan sy versoeke sou toegee nie. Keer op keer het sy hom geweier totdat hy oplaas op 5 Julie 1902 haar met ‘n mes aangeval het en haar so erg gewond het dat sy 24 uur later beswyk het. Op haar doodsbed het sy haar moordenaar vergewe. Sy was bereid om haar lewe neer te lê vir haar maagdelikheid wat sy aan haar Here opgedra het. 

 

Sy is op 27 April 1947 saligverklaar en tot heilige op 24 Junie 1950. By tye van haar heiligverklaring het haar moordenaar, Alessandro, nog gelewe. Ná 8 jaar in die gevangenis het Alessandro uiteindelik ‘n bekering ondergaan, wat hy aan Maria Goretti se hemelse voorspraak toegeskryf het. Hy is vrygelaat nadat hy 27 jaar van sy vonnis uitgedien het en op Kersdag, 1937, het hy langs Maria Goretti se weduwee moeder gekniel om Heilige Kommunie te ontvang.

 

 

bottom of page