top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

ST. LUCY

(Noordhoek)

Block Leier/Leidster:  Mev. Lottie Bampton

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

Maagd en Martelares

Feesdag: 13 Desember

 

 

Volgens ‘n baie ou oorlewering sterf Sint Lucia die marteldood in Sirakuse in Sicilië, waarskynlik tydens die vervolginge onder keiser Diocletianus. Sy is regdeur die vroeë Kerk as heilige martelares vereer en haar naam kom in die antieke Romeinse Kanon voor. Volgens ‘n baie ou maar onbetroubare oorlewering is sy as Christen verraai deur ‘n man wat met haar wou trou, maar wie sy geweier het. Die naam Lucia beteken ‘lig’ en dit kan ‘n rede wees hoekom haar voorbidding tradisioneel gevra is vir oogkwale - sy is dan ook dikwels in kuns uitgebeeld met ‘n bak waarin twee oë lê.

bottom of page