top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

ST. HELENA

(Smarties 7)

Block Leier/Leidster:  Mnr. Alex April

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

Feesdag: 18 Augustus

 

Hierdie merkwaardige vrou is omstreeks 255 in Drepanum in Bithinië gebore. Sy was van eenvoudige afkoms en word die byvrou van Constantius Chlorus wat later keiser word. In 285 baar sy haar later beroemde seun Konstantyn. In 292 kom daar ‘n groot terugslag toe haar man haar om politieke redes skei (hy wou ‘n huwelik aangaan wat sy magsposisie sou versterk). Dit is nie seker wanneer presies Helena ‘n Christen geword het nie, maar dit kon wel tydens hierdie moeilike jare gewees het.

 

Haar man sterf in 305. Die volgende jaar (306) word haar seun by York in Brittanje deur sy troepe tot keiser uitgeroep. Hy doen alles om sy moeder se posisie te beveilig en kroon haar selfs keiserin. In 312 wen Konstantyn die beslissende veldslag by die Pons Milvius en nou was hy heerser oor die Romeinse ryk. 

Haar man sterf in 305. Die volgende jaar (306) word haar seun by York in Brittanje deur sy troepe tot keiser uitgeroep. Hy doen alles om sy moeder se posisie te beveilig en kroon haar selfs keiserin. In 312 wen Konstantyn die beslissende veldslag by die Pons Milvius en nou was hy heerser oor die Romeinse ryk. Sy moeder se Christelike invloed het nou begin geld en grootliks tot Konstantyn se eie bekering bygedra. Die edik van toleransie was van deurslaggewende aard vir die ontwikkeling van die Christendom - na eeue se vervolging kon Christene hul geloof in vryheid in die openbaar beoefen. Deur die keiserin Helena het die Christelike geloof tot in die keiserlike hof en die hoogste lae van die Romeinse bevolking deurgebring. Op haar ou dag het St. Helena op ‘n lang pelgrimstog na die Heilige Land gegaan. Orals waar sy gegaan het, het sy kerke gestig en ook navorsing laat doen na die plekke waar Jesus en sy dissipels geleef en gewerk het.

 

bottom of page