top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

ST. CATHERINE

(Kronlein 1)

Block Leier/Leidster:  Mev. Agatha Meyer

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

St. Katerina van Alexandrië, Martelares

Feesdag: 25 November

 

 

Hierdie heilige se lewe is seker een van die kleurrykste wat daar is. Volgens oorlewering was Katerina een van die mooiste, rykste en geleerdste jong dames in die gesofistikeerde Alexandrië van daardie tyd. Haar Christenskap het sy, in ‘n tyd toe dit lewensgevaarlik was om die geloof in die openbaar te bely, nie onder die spreekwoordelike maatemmer verberg nie.

 

Nie net het sy die debat teen hulle gewen nie maar hulle het almal tot die Christengeloof bekeer. Die keiser was so woedend dat hy hulle almal laat verbrand het. Volgens een weergawe was die keiser verlief op haar en wou hy haar sy vrou maak, maar kon dit nie doen solank as wat sy Christen was nie. Om haar geloof te breek het die keiser haar laat gesel en toe opgesluit. In haar sel is sy deur ‘n duif gevoed en het Christus aan haar in ‘n visioen verskyn.

 

Toe word daar ‘n spesiale folter masjien vir haar ontwerp - sy is op ‘n wiel vasgemaak (die sogenoemde Katerina-wiel van vandag se vuurwerke) en daarop gemartel. Die wiel het egter gebreek - op so ‘n manier dat die omstanders, wat hulle in haar pyn wou verlustig, ernstig beseer is. Haar volharding in die geloof het so ‘n impak op diegene gehad wat verantwoordelik was vir haar gevangeneming en bewaking dat tweehonderd van die soldate ook die Christelike geloof aangeneem het. 

 

Hulle het onmiddellik met hul lewens daarvoor geboet. Uiteindelik is Katerina onthoof terwyl sy die Here se seëninge op haar moordenaars afgeroep het. Volgens tradisie het daar nie bloed nie maar melk uit haar onthoofde kop en lyf gevloei en is haar lyk deur engele na die Berg Sinaï weggevoer waar dit vandag nog in die wêreldbekende St. Katerinaklooster rus - een van die oudste kloosters in die Christendom.

 

 

bottom of page