top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

St. MARIA MAGDALENA

(Donkerhoek)

Block Leier/Leidster:  Mej. Katrina Jahr

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

30324_f0df089b-d960-4c04-a14f-1992c03fa6

Feesdag: 22 Julie

 

Die verhaal van Maria Magdalena is opgeteken in Lukas 8:2, waar ons lees dat Jesus sewe demone by haar uitgedryf het. Sy het by Jesus se volgelinge aangesluit en was aanwesig by die kruisiging. Saam met twee ander vroue het sy Jesus se graf leeg gevind en volgens Markus 16:9 was dit aan haar dat die verrese Christus eerste verskyn het. Volgens Johannes het die Here aan haar die boodskap toevetrou om sy dissipels te gaan inlig oor sy voorgenome hemelvaart.

 

In die Westerse Kerk het daar vroeg reeds verwarring ontstaan tussen Maria Magdalena, die naamlose vrou wat ‘n sondares was (Luk. 7:37) en Maria van Betanië, die suster van Marta en Lasarus. Die eksegese van St. Ambrosius, Cassianus en pous Gregorius I het daartoe bygedra dat die drie persone weldra in die Weste as een persoon gesien en vereer is. Die Oosterse Kerk daarenteen het altyd tussen dié drie vroue onderskei.

 

As gevolg van hierdie verwarring is Maria Magdalena in die Weste altyd beskou as die toonbeeld van 'n sondige vrou wie se lewe geheel en al deur die Here verander is. Baie legendes het rondom haar ontstaan en in die besonder is sy verbind met die stad Marseilles in die suide van Frankryk, waar haar broer Lasarus dan biskop sou geword het. Volgens die tradisie in die Oosterse Kerk is Maria Magdalena na Pinkster met Onse Liewe Vrou en St. Johannes na Efese waar sy later oorlede en begrawe is. Die waarheid is egter dat daar min oor haar lewe bekend is. In 1969 het die Westerse Kerk met die hervorming van die Kerkkalender die Oosterse tradisie ingevoer en word Maria Magdalena vandag apart van Maria van Betanie en die onbekende sondares vereer.

 

 

 

bottom of page