top of page

B  L  O  C  K  S

(Small Christian Communities)

ST. MARTIN DE PORRES

(Kronlein 2)

Block Leier/Leidster:  Mej. Cornelia Vister

Getal van die Katolieke Huisgesinne: 

Getal van die Katolieke: 

Kloosterling

Feesdag: 03 November

 

Sint Martin is in 1579 te Lima in Peru gebore. Hy was die kind van ‘n Spaanse ridder genaamd Juan de Porres en ‘n vrygekoopte swart slavin van Panama genaamd Anna. Op die ouderdom van vyftien ontvang die jonge Martin die py van die derde orde van Sint Dominicus en is hy toegelaat tot die Rosekransklooster van die Predikerbroeders in Lima. Later lê hy sy geloftes as lekebroer af.

 

Van vroeg af het Martin ‘n besondere deernis vir die siekes en behoeftiges gevoel. Hy rig ‘n weeshuis en hospitaal op vir weggooi babas en word in beheer van die klooster se daaglikse sopkombuis geplaas. Hy neem dit op homself om na die slawe wat vanuit Afrika na Peru weggevoer is en in haglike omstandighede geleef het om te sien. St. Martin het altyd probeer om die onderdruktes by te staan - hierin is hy gehelp deur sy goeie vriendin, St. Rosa van Lima. Sint Martin se liefde het ook diere ingesluit - by sy suster se huis het hy selfs ‘n tehuis vir katte en honde opgerig.

 

Hierdie beskeie lekebroer was inniglik lief vir al God se skepsels en hierdie liefde het hy aan almal oorgedra met wie hy in kontak gekom het. Martin was ‘n man wat liewers met sy hande gearbei het en so mense na God gelei het - hy was nie welsprekend nie, maar hy het deur harde hande arbeid mense na God toe gelei. Bo alles was hy ‘n baie nederige mens. God het baie buitengewone dinge deur Broeder Martin gedoen en hierdie beskeie man het bonatuurlike gawes ontvang. By sy sterfbed het die Onderkoning hom om sy seën kom vra. Toe hy op die 3de November, 1639 sterf is sy stoflike oorskot deur die voorste edelmanne en hoë kerklui na die graf gedra. Hy is in 1837 saligverklaar en op die 6de Mei, 1962 tot heilige deur Pous Johannes XXIII. Deur die eeue het baie mense wat in slawerny verkeer het hulle op sy voorspraak beroep. Hy word vereer as die beskermheilige van maatskaplike geregtigheid.

 

 

 

bottom of page