top of page

CATHOLIC PRACTICES

  << Previous    |     Next >> 

​

19. WAAR IN DIE BYBEL VIND ’N MENS DIE SEWE SAKRAMENTE VAN DIE KERK?

 

In die volgende lys van Skriftekste sien ons hoe Jesus die Heilige Eucharistie tydens die Laaste Avondmaal ingestel het; hoe St. Paulus die werklikheid van Jesus se eie woorde bevestig; die opdrag van Jesus om mense te doop en hoe die vroeë Christene nuwe lidmate by die geloofsgemeenskap ingelyf het; beskrywings van individue wat as bedienaars/priesters in die Kerk aangestel is deur die oplê van die Apostels se hande en as gevolg van die feit dat hulle aan sekere voorwaardes voldoen het; die lering dat die huwelik ’n permanente staat is en egskeiding dus ontoelaatbaar is; hoe die priesterlike magte van bind en ontbind aan sekere individue gegee is; die noodsaaklikheid van die bieg; die ontvangs van die Heilige Gees tydens die vormsel en die sakramentele gebruik om die siekes met olie te salf.

 

DOOP: Matteus 28:19; Markus 16:16; Johannes 3:5; Handelinge 2:38; Handelinge 16:15, 33; Handelinge 18:8; Handelinge 22:16; Romeine 6:3-4; 1 Korintiërs 1:16; 1 Korintiërs 6:11; Kolossense 2:11-13; Titus 3:5; 1 Petrus 3:21.
 

VORMSEL: Wysheid van Salomo 9:17; Handelinge 8:14-19; Handelinge 13:3; Handelinge 19:1-6; 2 Korintiërs 1:21-22; Efesiërs 1:13; Hebreërs 6:1-2.
 

EUCHARISTIE: Matteus 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:19-20; Johannes 6:47-66; 1 Korintiërs 10:16; 1 Korintiërs 11:23-30.
 

BOETEDOENING EN VERSOENING: Exodus 32:20; Levitikus 19:20-22; Numeri 5:6-7; Numeri 14:19-23; Numeri 17:11-13; Matteus 16:19; Matteus 18:18; Lukas 15:18-19; Johannes 20:23; Handelinge 19:18; 1 Korintiërs 5:3-5 met
2 Korintiërs 2:6-11; 2 Korintiërs 5:18-20; Jakobus 5:16.

 

SIEKESALWING: Markus 6:5, 12-13; Lukas 13:13; Handelinge 9:17-18; 1 Korintiërs 12:9, 30; Jakobus 5:14-15.
 

HEILIGE WYDINGE: Matteus 18:18; Lukas 10:16; Lukas 22:19; Lukas 24:47; Johannes 1:20; Johannes 15:5; Handelinge 6:6; Handelinge 15:2-6; Handelinge 20:17, 28; Handelinge 21:18; 1 Timoteus 3:1-7; 1 Timoteus 4:14; 1 Timoteus 5:17; 2 Timoteus 1:6; Titus 1:5-9; 1 Petrus 5:1.
 

HUWELIK: Genesis 1:26-31; Genesis 2:18-25; Matteus 5:31-32; Matteus 19:1-9; Markus 10:2-12; Lukas 16:18; Romeine 7:2-3; 1 Korintiërs 7:1-24; 1 Korintiërs 7:39; Efesiërs 5:2, 21-33; Hebreërs 13:4; 1 Petrus 3:1-9.

​

​

  << Previous    |     Next >> 

 

Back to KATOLIEKE ANTWOORDE

​

 

 

 

bottom of page