top of page

BABA-DOOP

 

AFKONDIGINGS VAN DIE DOOP:

 

Die Sakrament van die Doop word toegedien vir die babas drie keer in die jaar (naamlik Mei, Augustus en November)

 

U kan die datums van die doop kry op u jaar-kalender.

 

VEREISTES:

 

Ø   Die doopouers word gevra om eers by hul blokleiers/leidsters te gaan aanmeld voor hulle na die kerkkantoor toe kom vir die inskrywing van die doop. Die blokleier/leidster sal 'n aanbevelings brief vir die ouers gee, waarmee die ouers na die kantoor toe sal kom.

 

Ø   Die doopouers moet 'n maand voor die doop vir die Parogie Priester kom sien, en daarna as die aansoek goedgekeur word sal die inskrywing gedoen word.

 

Ø   Beide ouers moet teenwoordig wees by die onderhoud met die Parogie Priester.

 

Ø   Die nie-Katolieke ouer moet 'n toestemmings-brief vir die Katolieke Kerk te gee waardeur hy/sy die Kerk die reg gee om die kind te doop in die Katolieke Kerk.

 

Ø   Bring asseblief die volgende dokumente saam as u vir die Doop-registrasie kom:

 

o   Die volledige Geboorte-sertifikaat van die kind

o   Doopkaarte van beide ouers

o   Bydrag-kaarte van beide ouers

o   Doopkaarte van die peetouers

o   Bydrag-kaarte van die peetouers

 

Ø   Die peetouer is altyd 'n katoliek wat die sakrament van die vormsel al ontvang het. (Die bewys daarvan moet getoon word by die kantoor)

 

Ø    As 'n nie-katoliek staan vir die kind se doop, word hulle beskou slegs as 'n getuie van die doop. Die bewys van hul kerklidmaatskaap en kerk bydrae moet getoon word by die kantoor)

 

Ø    Die ouers en die peetouers (ook die getuies) moet die Dooplesse bywoon wat by die Kerk aangebied word. Daar word vier (4) lesse gegee.

 

Ø    Die ouers en die peetouers moet seker maak dat hul kerk bydrae is opdatum. Indien dit nie opdatum is nie, sal die doop uitgestel word totdat die bydrae opdatum gebring is.

 

Ø    Gereelde en aktiewe deename in die Kerk aktiwiteite en bywoning van die blokvergadrings en gebedsessies word verwag van die ouers en die peetouers.

​

​

 

 

bottom of page