SACRAMENTS
Sermon Notes | Church Documents | Devotions | Catholic Beliefs | Catholic Practices | Lives of the Saints | Sacraments | Registration of the Sacraments
When and Where to Register for the Sacraments
BAPTISM | FIRST HOLY COMMUNION | CONFIRMATION | MARRIAGE
DOOP | EERSTE HEILIGE KOMMUNIE | VORMSEL | HUWELIK
​
HUWELIK
VOORBEREIDING VIR DIE HUWELIK
(uit die artikel soos dit op ANGELUS verskyn het, Junie-Julie 2014, bladsy 15)
Dit is baie belangrik dat die pare wat van plan is
om in die huwelik te tree
moet bewus wees van die voorvereistes
soos hieronder gestipuleer word.
Hierdie voorvereistes moet ten volle gevolg word,
sonder enige verskoning of uitsondering.
1. Die paar moet 'n voor-huweliks inligtings program wat deur die kerk aangebied word, bywoon. Dit is verpligtend vir die katolieke sowel as vir die gemengde huwelike.
2. Voor die datum van die troue vasgestel word, word die pare aangeraai om eerste in aanraking te kom met die huweliks-bevestiger (priester), wat die huweliks-seremonie gaan waarneem.
3. Die katolieke paar of pare wat besluit om in 'n ander geloofs-genootskap of by 'n ander geloof te gaan trou, moet eers 'n skriftelike toestemming kry van hul parogiepriester, waar hulle woonagtig is.
4. Die pare wat van plan is om in 'n nie-katolieke kerk te gaan trou, moet die dispensasie (toestemming) kry van hul biskop. Die aansoek vir die dispensasie word gedoen deur hul parogiepriester.
5. Die paar moet 'n afspraak reël met die huweliks-bevestiger (priester) wel voor die tyd sodat die dokumentasiewerk van die staat en dié van die kerk vroegtydig gedoen kan word.
6. Wanneer die paar vir die inskrywing van die Huwelik kom by die huweliks-bevestiger (priester), moet hulle hul doopkaart [wat nie ouer as ses (6) maande is] of die kerklidmaatskaap -kaart of sertifikaat, hul kerk bydrae-kaarte [wat opdatum is], die ID dokumente [of passpoorte] en ‘n toestemmingsbrief van hul eie parogiepriester of van hul pastoor saambring.
7. Indien die paar wat in die huwelik wil tree ‘n weduwee of wewenaar is, moet hy/sy die doodsertifikaat van die oorlede (afgestorwe) eggenoot inhandig. En as die paar wat in die huwelik wil tree ‘n geskeie persoon is, moet hy/sy die dekreet van die egskeiding en/of die kerk-dokument van die niet-verklaring van die huwelik as addisionele dokumente produseer voor die huweliksbevestiger (priester), behalwe die dokumente wat alreeds genoem is in Nr. 6
8. Die inskrywing (registrasie) van die huwelik moet drie (3) maande voor die datum van die huwelik gedoen word. Dit word gedoen by die parogie waar die paar beoog om die huweliks-bevestiging te laat plaasvind.
9. Die trougebooie word aangekondig in die parogies van die bruid en die bruidegom drie (3) agtereenvolgende sondae voor die huwelik bevestig word.
10. Die doopkaarte (doopseëls) wat die paar vir die huweliks-inskrywing bring moet nie ouer as ses (6) maande wees nie.
11. Wanneer die paar vir die registrasie van die huwelik kom, moet hulle die name van die getuies (dié wat gaan onderteken) ook saambring.
12. Die huwelikspaar sal verantwoordelik wees vir die rangskikking van die blomme en ruikers, liturgie en die musiek vir die huweliksseremonie by die kerk, indien dit nodig is.
13. Na die huweliksseremonie, wanneer die huweliksregister onderteken word deur die pas getroude paar, word hulle ook die huwelikssertifikaat sowel as die doopkaart en kerklidmaatskaap-kaart wat opdatum gemaak is ook teruggegee.
14. Die pas getroude paar word gevra om hulle voor te stel as egpaar aan die gemeentes/ parogies waaraan hulle oorspronklik behoort.
15. Die huweliksbevestiger (priester) is bemagtig slegs om op die troudag die huwelikssertifikaat aan die getroude paar uit te gee.
16. Uit die sinsnede by of sonder voorhuweliks kontrak, mag slegs by of sonder gebruik word om die vorm in te vul soos dit pas. Die term “Binne” of “Buite” gemeenskap van goedere word nie gebruik nie, en geeneen van die gedrukte woorde mag uitgevee word nie. In die geval van ‘buite gemeenskap van goedere’ (by voorhuweliks kontrak) bewys daarvan ingehandig word by die huweliksbevestiger. Dit kontrak word opgestel deur ‘n prokureur en word aangeheg by die huweliksregister. Indien die paar sonder die voorhuweliks kontrak getrou het, beteken dit dat hulle binne gemeenskap van goedere getroud is, en daartoe is geen dokumentêre bewys nodig nie.
17. Daar word geen toevoegings of veranderings gemaak op die kerk dokumente nadat dit eenkeer ingeskryf is, as dit die dokument ongeldig maak vir aanvaarding deur ander instansies.
​
​
​