CATHOLIC PRACTICES
Sermon Notes | Church Documents | Devotions | Catholic Beliefs | Catholic Practices | Lives of the Saints | Sacraments | Registration of the Sacraments
​
​
​
​
9. HOE KON DIE SWAK EN SONDIGE PETRUS DIE EERSTE POUS WEES?
Die apostel Petrus was nie altyd juis ‘n baie voorbeeldige persoon nie. Ons lees in Galasiërs 2:11-14 hoe St. Paulus hom teengestaan het en hom van skynheiligheid beskuldig het. Ons moet egter kan onderskei tussen die persoonlike gebreke of swakheid van ’n persoon en die waardigheid van die amp wat hy beklee. Ons Kerkgeskiedenis die afgelope tweeduisend jaar vertoon talle insidente waar mense priesters en ander geestelikes - selfs pouse – aangevat het oor hul verkeerde optrede, maar terselfdertyd hul amp gerespekteer het (dit was juis omdat hulle so ’n hoë eerbied vir die amp gehad het dat hulle die persoon wat die amp beklee het se gedrag nie kon duld nie). Toe St. Paulus vir St. Petrus teengestaan het was dit oor Petrus se optrede en Paulus het nie op enige wyse Petrus se amp of posisie in die Kerk daardeur probeer ontken nie. Dit was St. Petrus se slegte voorbeeld (gaan lees gerus hoe Petrus gesukkel het om af te sien van sy eie Joodse kulturele gebruike, wat ’n struikelblok vir nie-Joodse bekeerlinge was). St. Paulus se teregwysing van St. Petrus het geensins sy respek vir Petrus se posisie ondermyn nie, net soos die profeet Natan se berisping van koning Dawid se verkeerde optrede (2 Sam. 12:1-14) geensins sy eerbied vir dié se koningskap afgebreek het nie. Dit is op talle plekke in die Nuwe Testament aangeteken hoe die Heilige Petrus sy amp as Hoof van die Apostels uitgevoer het:
• St. Petrus het die eerste amptelike vergadering van die Kerk (die eerste Kerk Konsilie) in Jerusalem byeengeroep en daaroor gepresideer (Hand. 15:7-11).
​
• St. Petrus was die eerste onder die Apostels om in die persoon van Simon Magus (Hand. 8:14-24) ’n dwaalleer/kettery te herken en dit te verdoem.
​
• Op die Pinksterfees (Hand. 2:14-41) het St. Petrus ’n gesaghebbende uitsetting van die Heilige Skrif gegee, asook ’n dogmatiese besluit gemaak en ’n dissiplinêre dekreet uitgevaardig teen die ‘huis van Israel’ (Hand. 2:36) – ’n voorbeeld van sy mag ‘om te bind en te ontbind’ (Matt. 16:19).
​
• St. Petrus word as die hoof priester/herder van die Kerk uitgebeeld (1 Pet. 5:1). Hou weereens in gedagte dat die Griekse woord presbyteros (waarvan ons Afrikaanse woord priester afgelei is) dikwels in Afrikaanse vertalinge op misleidende wyse as ouderling vertaal word. Net so word die Griekse woord episkopos waarvan ons die woord biskop kry dikwels as opsigter/toesiener vertaal om enige Katolieke konnotasies te vermy. Afrikaanse Katolieke wat die Bybel bestudeer moet bedag wees op dié tipe vertaalflaters.
Oor die algemeen is die 1953-Vertaling van die Bybel in Afrikaans meer betroubaar.
​
​
​