top of page

     Novena tot Onse Liewe Vrou van Altyddurende Bystand    

1. AANROEPING VAN DIE HEILIGE GEES

 

Priester:

Kom, Heilige Gees, vervul die harte van die gelowiges en ontsteek in hulle harte die vuur van U liefde. Stuur uit U Gees en alles word herskape. En U sal die aanskyn van die aarde hernuwe.

 

Laat ons bid:

O God, wat die harte van die gelowiges deur die Heilige Gees verlig en geleer het, gee dat ons in dieselfde Gees, werklike wysheid mag besit en altyd sy vertroosting mag geniet. Deur Christus ons Here. Amen.

 

2. AKTE VAN BEROU

 

O my God, uit liefde vir U, is ek spyt oor al my sondes omdat U so goed is. Met die hulp van U genade, wil ek nie meer sondes doen nie. Amen.

 

3. VIR DIE INTENSIE VAN DIE HEILIGE VADER

Onse Vader...................

Wees Gegroet ........................

Eer aan die Vader.......................


4. AANROEPING VAN ONS MOEDER

 

Priester/Gemeente:

Tot u beskerming vlug ons, heilige Moeder van God, verag nie ons smekinge noudat ons in nood verkeer nie, maar verlos ons altyd van alle gevare. O glorieryke en geseende Maagd.

 

Priester:        O Moeder van altyddurende Bystand,

u naam besiel ons met vertoue.

Gemeente:    Help my, o liewe Moeder.

Priester:        Dat ek God mag liefhe en dien met my hele hart.

Gemeente:    Help my, o liewe Moeder.

Priester:        Dat ek nooit sal nalaat om te bid nie.

Gemeente:    Help my, o liewe Moeder.

Priester:        Dat ek weer sal opstaan as ek in sonde verval.

Gemeente:   Help my, o liewe Moeder.

Priester:       In versoeking kom teen die deug van kuisheid nie.

Gemeente:   Help my, o liewe Moeder.

Priester:       Dat ek ywerig daaraan sal werk om van sondige

gewoontes onstlae te raak.

Gemeente:   Help my, o liewe Moeder.

Priester:       Dat ek moedig die verleidings van die wereld sal weerstaan,

slegte gewoontes, slegte boeke en films.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Dat ek dikwels en vroom die sakramente ontvang

en my Christelike pligte vervul, asook die pligte teenoor my land.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Dat ek geduldig mag wees en berus in al die beproewings

en moeilikhede van die lewe.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      In siekte en pyn, in armoede en in nood.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Dat ek nie my bekering van dag tot dag uitstel nie.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Dat ek u altyd mag liefhe en dien en u bystand aanroep.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Dat ek in staat mag wees om andere te lei om u lief te he,

u te dien en tot u te bid.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Wanneer die dood naby is en ek die ewigheid moet ingaan.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      In die laaste uur, my laaste asemteug waak oor my.

Gemeente:  Help my, o liewe Moeder.

Priester:      Bid vir ons Moeder van Altyddurende Bystand.

Gemeente:  Dat ons die beloftes van Christus waardig mag wees.

 

Laat ons bid:

O, Almagtige en genadige God, ten einde die menslike geslag by te staan, het U die Maagd Maria, as moeder van U eniggebore Seun uitverkies. Ons smeek U, verleen aan ons die genade om deur haar voorspraak die besmetting van die sonde te vermy en U met 'n rein hart te dien. Deur Jesus Christus ons Here.

 

Gemeente: Amen.

 

5. NOVENA GEBEDE

 

Moeder van Ewigdurende Bystand, sien neer op 'n arme sondaar wat vol vertroue beskerming soek aan u voete. Moeder van barmhartigheid, onteferm u oor my. Ek hoor hoe almal u die toevlug en hoop van sondaars noem; wees daarom ook my toevlug en my hoop. help my terwille van die liefde van Jesus Christus; reik u hand aan 'n arme gevallene wat homself aan u voete werp en hom vir ewig wy aan u diens. Ek loof en dank God dat Hy my in sy barmhartigheid die genade gegee het om u te sien as die sekere belofte van my ewige saligheid.

 

Dit is maar al te waar dat ek in die verlde rampspedig gestruikkel het omdat ek nie my toevlug tot u wou neem nie. Ek weet dat ek met u bystand sal oorwin; ek weet dat u my sal help as ek my tot u wend; maar ek vrees dat ek in tye van versoeking sal nalaat om u aan te roep en so verlore sal gaan. Daarom smeek ek u dat ek by alle aanvalle van diebose steeds my toevlug tot u sal neem.

 

Priester: U is vir ons 'n toevlug, O Liewe Vrou.

Gemeente: Ons helper in nood en beproewing.

 

Laat ons bid:

O Here, Jesus Christus, U het ons U Moeder Maria gegee wie se wonderlike beeld ons vereer en altyd gereed is om ons by te staan. Ons smeek u, verleen aan ons wat ywerig haar hulp aanroep, die genade om te geniet die ewigdurende vrugte van U verlossing. U wat leef en heers sonder end.

Amen.

 

6. MARIA GESANG

 

7. DIE "MEMORARE"

 

Onthou, O genadevolle Maagd Maria, dat dit nog nooit bekend was dat enigeen wat by u beskerming gesoek het, u hulp gesmeek het of u bemiddeling begeer het, sonder hulp gelaat is nie. Besiel met hierdie vertroue, vlug ek tot u, o Maagd der Maagde, my Moeder. Tot u kom ek , voor u staan ek in sonde en verdriet. O Moeder van die Vleesgeworde Woord, verag nie my smekinge ni, maar verhoor my in u genade.

 

8. SEENING VAN DIE SIEKES

 

Priester:      Ons hulp is in die naam van die Here.

Gemeente: Wat die hemel en aarde gemaak het.

Priester:      Here hoor my gebede

Gemeente: En laat my geroep tot U kom.

Priester:      Mag die Here met u wees.

Gemeente: En ook met u.

 

Laat ons bid:

Ons smeek U, Here, verleen aan hierdie dienaars van U ewige gesondheid van liggaam en siel, en deur die glorieryke voorspraak van die Maagd Maria, verlos hulle van hulle huidige smart en mag hulle ewige geluk geniet. Deur Christus onse Here.

Amen.

 

(Die Priester strek regter hand uit oor die mense, en bid:)

Mag die Here Jesus Christus onde u teenwoordig wees om u te beskerm, binne u om u te behoed, voor u om u te lei, agter u om u te bewaar en bo u om u te seen, wat met die Vader en die Heilige Gees leef en regeer vir ewig en altyd.

Amen.

 

OF

Deur die voorspraak van ons Moeder van Altyddurende Bystand, mag die seen van die Almagtige God, Vader, Seun en die Heilige Gees op u neerdal an altyd by u bly.

Amen.

 

9. MARIA GESANG

​

​

​

Back to the Top

​

 

bottom of page