top of page

Novena to the Holy Spirit

Pinkster Novena

 

Gesang

 

In die naam van die Vader, en van die Seun en van die Heilige Gees. Amen.

 

AANVANGSGEBED

Laat ons bid:

Dierbare Hemelse Vader, ons kom na U in die naam van ons Heer Jesus Christus, in vereniging met Hom in die Heilige offerande van die Heilige Mis, in vereniginig met die Heilige Gees.

 

Ons kom na U in vereniging met die goddelike Kind Jesus in die goeie gesondheid en die Kind van Praag. Ons kom na U in die volmaakte, smetlose hart van ons Moeder Maria, terwyl ons haar magtige voorspraak aanroep verenig ons onsself met haar heilige trane. Ons kom na U in vereniging met al die engele en heiliges asook die arme siele in die vaevuur. Amen.

 

** Gesang  (Breathe on me……)

 

Kom, Heilige Gees, vervul die harte van u gelowiges

en onsteek in hulle die vuur van u liefde.

 

Stuur uit u Gees en alles word herskape.

En u sal die aanskyn van die aarde hernuwe.

 

Laat ons bid:

O God, wat die harte van die gelowiges deur die Heilige Gees verlig en geleer het, gee dat ons in dieselfde Gees werklike wysheid mag besit en altyd sy vertroosting mag geniet. Deur Christus, onse Here. Amen.

 

Laat ons bid:

O Heilige Gees, die gewer van lewe en die krag van die Kerk, in U liefdevolle hande vertrou ek my lewe, my familie, en my gemeenskap van OLPH, jonk en oud, om deur U besiel en gelei te word. Lei my met visie en versterk my wil, gee my die wysheid om die beproewings en versoeking wat ek op my pad teekom, moedig die hoof te bied. Hernuwe my met die lig van u genade sodat ek voortdurend in vrede kan groei met U en met my naastes vir die groter glorie van God. Heilige Gees, Gees van die lewende God, kom in my hart om my gids te wees, verlig die duisternis van my verstand, verwarm my hart met U Goddelike vuur en vul my met liefde. Amen.

 

GEBED TOT DIE HEILIGE GEES

Pr.      Ons bid vir die uitstorting van die Heilige Gees op ons, ons bid om gedoop te word deur die Heilige Gees, dat Hy magtig op ons sal neerdaal soos Hy op die eerste Pinksterdag neergedaal het.

 

G.        Ons bid dat die Heilgie Gees ons sal verander van vrees na dapperheid en dat Hy ons die moed sal gee om alles te doen soos ons Hemelse Vader ons vra, veral om toe te sien na die heerskappy van die Heilige Hart en die triomf van die onbevlekte hart van Maria. Ons bid tot die Heilige Gees om magtig en in al Sy glorie op die OLPH gemeente, die Kerk in haar geheel en op die hele wêreld neer te daal.

 

** Gesang

 

GEBED VIR DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES

O Heilige Gees, gewer van goddelike geskenke, ons aanbid U en prys U vir U aksie in die wêreld. Breek af die mure wat ons van U skei en vul ons met u goddelike genades.

 

WYSHEID: Kom na my. Laat my verstand en my siel een wees, o wyse Gees, kom.

 

VERSTAND: Verlig my. Laat my verstand diep begryp, raaksien en kalm glo. Kom, simpatieke Gees, kom.

 

RAAD: Fluister vir my. Laat hierdie skepsel nederig bly wat raad vra en leiding in die probleme van die lewe. Kom raadgewende Gees, kom.

 

KENNIS: Verwittig my. Mag ek die waarhede wat openbaar is, ken en laat ek myself ken deur die waarhede van geloof. Kom Gees wat alles weet, kom.

 

STERKTE: Beur my op. Ondersteun my lewe, my asem, my siel, my vlees, en help my sodat ek die vyand satan teenstaan en nooit sy slaaf word nie. Kom kragtige Gees, kom.

 

VROOMHEID: Lig my op. Steek my hart aan die brand met liefdevolle aanbidding, met lof en dank, met hoop en blydskap. Kom vrome Gees, kom.

 

VREES VAN GOD: Deurboor die hardheid van my hart. Laat ek U met liefdevolle ontsag nader, met eerbied vir U heiligheid, met bewondering van U genade. Net hier op maak ek staat. Kom gesaghebbende Gees, kom.

 

Kom Heilige Gees, vervul my met ware wysheid. Ontvalm my met U liefde en wees my onfeilbare gids my lewe lank. Amen.

 

Pr.      Ons bid vir genesing na liggaam, verstand en siel, vir algehele genesing in onsself, in al die lede van ons families, al die lede van ons gemeenskap, in al die mense wat onregeverdigheid moet verduur asook vir ons jeug.

                        (Ons Vader, Wees Gegroet, Eer aan die Vader....)

 

 

** Gebed om een te word met God, Vader, Seun en die Heilige Gees:

Ons verlang na U, o Gees van lig, ons verlang om God te ken, ons wil een wees met Hom, ons goddelike Meester. Ons wil een wees met die Vader, ons wil Hom intiem ken as ‘n persoon, ons wil die Beminde Een ken, die Heilige Hart van Jesus, ons wil in Hom lewe en woon te alle tye, elke oomblik van ons lewens.

 

Ons wil een met U wees, o Gees van lig sodat U in ons kan woon in elke asemhalingsteug. Amen.

                        (Ons Vader, Wees Gegroet, Eer aan die Vader....)

 

Slotseën

Slotgesang

​

Back to the Top

​

​

 

bottom of page